Beste kollega

Jy is bewus van die die hofuitspraak wat gister op 8 Maart gelewer is rondom die NG Kerk se standpunt ten opsigte van selfdegeslagverhoudings. Die moderatuur het in die verband die volgende verklaring gemaak:

Die Moderatuur het kennis geneem van die uitspraak van die hof en respekteer dit. Die kerk sal uiteraard deur die loop van die komende dae die uitspraak saam met ons regspan bestudeer en dan besluit of daar redes is waarom ons aansoek sal doen om te appelleer. Ons het 15 hofdae om hierdie proses te voltooi.

Klik hier vir die uitspraak wat ook beskikbaar is op die kerk se webblad by www.ngkerk.org.za asook die van Kerkbode http://kerkbode.christians.co.za/2019/03/08/kerksaak-lees-volledige-uitspraak-hier/

Ons wil graag al ons lidmate en gemeentes versoek om saam met ons te bid vir duidelike leiding en helderheid oor die beste opsies vorentoe.

Die moderatuur onderneem om lidmate op hoogte te hou.

Vriendelike groete

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk