Die belang en noodsaaklikheid van goeie navorsing vir die kerk is welbekend. Die oogmerk van die Taakspan Navorsing is om die kerk in die verband tot diens te wees. Die vorige Algemene Sinode het ’n navorsingsprotokol goedgekeur en alle navorsing word binne die raamwerk uitgevoer. Dit sluit die volgende in:
Kerkspieël bly ʼn belangrike bron van inligting vir die NG Kerk en wil help in die nadenke oor die kerk en gemeentes se rol en funksionering. Die 2014-opname wil in die verband weereens geen uitsondering wees nie. Die opname geskied in opdrag van die Algemene Sinode (Taakspan Navorsing) en in samewerking met die Departement Praktiese Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat. Kerkspieël 2014 bestaan uit twee opnames: ʼn gemeente- en ʼn erediensbywoner opname.
Die gemeente opname
Die gemeente opname is sedert 1981 deel van elke Kerkspieël. Die vraelys doen navraag oor ʼn wye verskeidenheid van aspekte van ʼn gemeente. Dit gaan oor die demografie van die gemeente (lidmaatgetalle en samestelling van die gemeente), die bywoning van eredienste. Daar word navraag gedoen oor die verskillende bedieningsterreine van die gemeente. Die laaste tyd word al hoe meer gefokus op die interaksie tussen gemeente en gemeenskap. Daar word deur die lens van ʼn missionale ekklesiologie na die gemeente gekyk en verskeie dimensies kom in die verband aan die orde: gemeenskap projekte, nuwe lidmate en die betrokkenheid van die gemeente by gemeenskapaksies, is van die nuwe sake wat ondersoek word.
Die vraelys word aan elke gemeente in die NG Kerk gestuur en dit word van die leierskap van die gemeente verwag om die vraelys in te vul. Die vraelyste word Maandag 21 Julie 2014 aan elke gemeente gepos. Dit word van die gemeentes verwag om die voltooide vraelyste asseblief voor 28 Augustus 2014 aan die Kerkspieël kantoor terug te pos.
Die inligting wat uit die verwerking van die vraelys verkry word kan elke gemeente help om haarself binne ʼn bepaalde konteks te posisioneer, byvoorbeeld: is die gemeente net met instandhouding besig of is daar sekere terreine waarbinne die gemeente besig is om te groei? Die gegewens is ook vir die NG Kerk as denominasie van belang, dit help in die verstaan van die kerk en haar rol in die samelewing. Hoe raak die proses van veroudering die kerk of watter rol speel beplanning in die gemeentes, is van die vrae wat aan die orde kom.
Die erediensbywoner opname
Gemeentelike groei lê op meer vlakke as net ʼn groei in getalle en bywoningsyfers. Groei het, onder andere, te make met verhoudings, aanbidding en ʼn betrokkenheid in die gemeenskap. ʼn Gemeente se lewenskragtigheid bestaan uit verskeie aspekte, wat onderling met mekaar verband hou. Die aspekte sou minstens in drie kategorieë verdeel kan word: intern, inspirasie en ekstern. Interne faktore, in ʼn gemeente, hou verband met die geloof van lidmate, hulle aanbidding en die onderlinge verbondenheid van lidmate aan mekaar. Hierdie aspekte omskryf die innerlike lewe van ʼn gemeente. ʼn Gemeente het ook ʼn lewe na buite (eksterne aspekte), dit verwys na diens, getuienis en die inklusiwiteit van die gemeente. Die aspekte kyk na die fokus van die gemeente buite haarself, na die gemeenskap en omgewing. Tussen die interne en eksterne lê inspirasie aspekte, dit verwys na die leierskap en koers van ʼn gemeente. Die inspirasie aspekte verwys na die visie van ʼn gemeente, leierskap en innovasie in die gemeente. Die opname gee aandag aan al drie die aspekte.
Goeie en betroubare inligting help gemeentes om hulle eie posisies beter te evalueer en na te dink oor die gemeente se taak en roeping. Die nadenke word gewoonlik deur die predikante en die leierskap van die gemeente gedoen. ʼn Stem wat dikwels nie duidelik gehoor word nie, is die van die lidmate van die gemeente. Lidmate se verstaan van en houding teenoor die gemeente vorm ʼn belangrike deel van die gemeente se funksionering. ʼn Opname onder lidmate kan help om gewone lidmate hoorbaar te maak. Soortgelyke opnames is in 2006 en 2010, as deel van ʼn steekproef, onder gemeentes gedoen (die Kruisgewys Junie 2013 (13/2) bevat ʼn verslag van die 2010 opname). Dit vorm deel van die “ National Church Life Survey” (NCLS) wat in Australië en die VSA ontwikkel is.
Die opname word tydens ʼn erediens onder almal ouer as 15 jaar wat die bepaalde Sondag in ʼn erediens is, gedoen. Die 2014 opname word op Sondag 17 en 24 Augustus gedoen.
ʼn Leemte met die vorige twee opnames was die terugvoer wat aan gemeentes gegee is. Die 2014-opname sluit by die NCLS aan en maak gebruik van die verslae wat deur hulle ontwikkel is (Vir meer besonderhede en voorbeelde van die verslae besoek: http://gemeentes.co.za/vennote/kerkspieel/234-pilot-project-south-african-church-life-survey. Onthou om te registreer om dit te sien – dit is gratis). Die terugvoer bestaan uit ʼn unieke verslag, wat aan elke deelnemende gemeente gelewer word, die “Church Life Profile”. Dit is eenvoudige verslag met grafiese voorstellings en vergelyking wat aan elke gemeente haar eie profiel verduidelik.
Hierdie opname word op twee vlakke gedoen:
Die kostes vir gemeentes wat op bestelling aan die Erediensbywoner opname wil deelneem is:
Vir enige verdere navrae kan die Kerkspieël kantoor gekontak word:
Telefoon: 012 3420092 of 082 3254088
E-pos: kerkspieel@ngkerk.org.za