Die Argivaris en Aktuarius het opdrag gekry om ’n handleiding saam te stel oor die hantering van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, die sogenaamde POPI-wet (bekend as POPIA).

Die handleiding is nou op die Algemene Sinode se webwerf beskikbaar. KLIK HIER om die handleiding af te laai.

Neem asseblief kennis van die volgende:

  1. Dit is die eerste uitgawe van die handleiding.  Gebruik dit asseblief as ’n werkdokument en lewer kommentaar of rig navra aan: Dr Andrew Kok ([email protected]) of Dr Dewyk Ungerer ([email protected])
  2. Die handleiding is spesifiek vir gebruik deur gemeentes (kerkkantore) saamgestel.  In April 2021 sal daar ook ’n handleiding aan sinodale kantore beskikbaar gestel word.
  3. Die handleiding sal ook aan sinodale kantore gestuur word vir verspreiding in elke sinodale gebied.
  4. Neem kennis:  Die regulasies bepaal dat elke gemeente voor einde Maart 2021 ’n inligtingsbeampte by die Inligtingsreguleerder moet registreer.  Ons het kennis gekry dat hierdie proses eers uitgestel is.  Sodra ons ’n finale datum het, sal ons dit aan gemeentes kommunikeer.  Moet dus nie nou die gemeente se inligtingsbeampte probeer registreer nie.
  5. Alle dokumente is beskikbaar by https://www.kerkargief.co.za/inligtingswet/#popia

Vriendelike groete

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk