Die Suid Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) is in ’n posisie om die name en besonderhede van predikante, priesters en pastore van lidkerke deur te gee ten einde as frontlinie-werkers geprioritiseer te word om entstof teen COVID-19 te ontvang. So ’n geleentheid kan natuurlik misbruik word en lei tot beskuldigings dat predikante onregverdig bevoordeel word. Dié wat die nuusberigte gevolg het oor die spanning wat tydens die inenting van mediese werkers geheers het, sal besef watter etiese vrae kan ontstaan oor die prioritisering van persone.

Die SARK kan in hierdie stadium nie waarborg dat predikante, pastore en priesters wel die vergunning sal ontvang nie.

As jy oortuig is dat die aard van jou bediening sodanig is dat inenting teen COVID-19 nie net tot jou voordeel sal wees nie, maar ook belangrik is vir mense wat deur jou bediening aan jou blootgestel word, kan jy jou besondere deurstuur.

KLIK HIER vir die aansoekvorm wat jy moet invul. Dit moet ons voor of op Vrydag 5 Maart 2021 teen 10:00 bereik. Met jou instemming sal jou besonderhede aan die SARK deurgegee word vir die spesifieke aansoek om die entstof te ontvang.

Stuur die voltooide vorm asseblief aan [email protected]

Vriendelike groete en pas jouself mooi op.

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk