Gustav Claassen Skrywe

Wat moet die kerk nou doen Die NG Kerk neem met groot kommer en hartseer kennis van gebeure wat hom die afgelope paar dae in veral Kwa-Zulu Natal en Gauteng afspeel. Wyd verspreide insidente van chaos, plundering, geweld en gevolglik ook stygende lewensverlies is uiters onrusbarend. Die intensiteit van ongekende argelose dade van wetteloosheid het […]

Beste kollega Hopelik sal jy kan getuig dat dit in die huidige omstandighede met jou goed gaan. Laat ons nie ophou om in hierdie tyd vir mekaar te bid en mekaar te bemoedig nie. Met hierdie skrywe wil ek aan jou inligting deurgee oor die PEPUDA-wetgewing. Ek het al heelwat navrae van kollegas direk beantwoord. […]

Die Argivaris en Aktuarius het opdrag gekry om ’n handleiding saam te stel oor die hantering van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, die sogenaamde POPI-wet (bekend as POPIA). Die handleiding is nou op die Algemene Sinode se webwerf beskikbaar. KLIK HIER om die handleiding af te laai. Neem asseblief kennis van die […]

Die Suid Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) is in ’n posisie om die name en besonderhede van predikante, priesters en pastore van lidkerke deur te gee ten einde as frontlinie-werkers geprioritiseer te word om entstof teen COVID-19 te ontvang. So ’n geleentheid kan natuurlik misbruik word en lei tot beskuldigings dat predikante onregverdig bevoordeel word. […]

Beste Kollega Ek vertrou dat dit met jou goed gaan te midde van sekerlik die moeilikste tyd in ons geskiedenis met die uitdagings wat COVID-19 bring. Daar is rede tot groot dankbaarheid oor die rol wat die NG Kerk in plaaslike gemeenskappe speel. Pragtige verhale van hoop is volop en spreek boekdele oor die getuienis […]

My bede in hierdie stadium is dat dit met jou goed gaan ongeag al die uitdagings wat aandag en energie van jou vra. Jy as leraar en pastor, met ’n wye spektrum van verantwoordelikhede, moet op baie vrae antwoorde gee en aan baie behoeftes aandag skenk. Mag die woorde van Klaagliedere 3:21-23, wat in ’n […]