Algemene Taakspan Fondse en Bates (ATFB)

Ds Petrus Botha (Voorsitter)

Mnr Hanke Fourie (Ondervoorsitter)

Ds Pieter Kruger (Skriba)

Sinodale Verteenwoordigers (met secundi)

Wes-Kaapland: mnr Stephan Pretorius (mnr Dawie Theron)

Oos-Kaapland: ds Danie Mouton (mnr Tommie van der Mescht)

Noord-Kaapland: ds Christo Jonck

KwaZulu-Natal: ds Petrus Botha (me Dorethea Swanepoel)

Vrystaat: ds Riaan van Zyl (mnr Adriaan de Ruiter)

Goudland: ds Poena van der Merwe

Noordelike Sinode: dr Paul Grobler (ds Rehan Rheeder)

Hoëveld: dr Pieter Kruger (ds Hannes Windell)

Oostelike Sinode: ds Francois Retief (me Cathy Odendaal)

Namibië: ds Thijs van der Merwe (mnr Gerhard Fourie)

Kundige lede:

Mnr Hanke Fourie

Mnr Edward Leach

Mnr Hendri Niehaus

Prof Jannie Rossouw

Dr Dawie Theron

Kantoor van die Algemene Sinode:

Dr Gustav Claassen (Algemene Sekretaris)

Dr Lourens Bosman (Algemene Bestuurder)

Me Jeanine van der Merwe (Rekeningkundige Beampte)

Taakspan se werksaamhede

  • Adviseer die Algemene Sinode in verband met die beleid wat gevolg moet word ten opsigte van finansiële bestuur, bates, beleggings, eiendomme en oudit en stel jaarliks in oorleg met die Bedryfspan die begroting op vir onderskeidelik die strategiese en operasionele werksaamhede van die Algemene Sinode.
  • Die ATFB hou toesig oor die besteding van fondse ten opsigte van al die werksaamhede van die Algemene Sinode, waaronder die administratiewe, personeel- en kapitale uitgawes ingevolge die Reglement vir Eiendomme, Goedere en Fondse. Dit sluit in afsonderlike regsentiteite en trusts wat in verhouding met die NG Kerk bedryf word, se fondse en bates.
  • Die ATFB tree op in alle regsgedinge of dispute oor eiendom, goedere en fondse, sowel eisend as verwerend, ten behoewe van die Algemene Sinode en na raadpleging van die Algemene Steunspan Regte.