Handleiding vir die Erediens

Handleiding vir die Erediens

Die NG Kerk liturgie- en formulierboek vir gebruik tydens eredienste.
Hierin is talle bykomende formuliere en liturgieë vir gewone en alternatiewe dienste, huwelike, begrafnisse asook ekumeniese byeenkomste bygewerk.
Klik hier om die produk te koop

SANG EN MUSIEK

Die taakspan FLAM bestaan uit ‘n groep aanbiddingsleiers (sommiges is predikante) wat op ‘n gereelde basis nuwe musiek aan bepaalde kriteria meet en indien daar aan hierdie standaarde voldoen word, word die musiek opgeneem in die korpus van FLAM-liedere wat via die internet deur gemeentes afgelaai kan word.

Klik hier om FLAM se webblad te besoek.

VONKK staan vir Voortgesette Ontwikkeling van Nuwe Klassieke Kerkmusiek. Alhoewel die Liedboek wat in 2001 verskyn het ’n wonderlike skat van klassieke en meer eietydse klassieke kerkliedere bevat, weet ons dat klassieke kerkmusiek in die moderne eeu waarin ons leef nog steeds ontwikkel. Dit sien ons ook wêreldwyd.

Klik hier om VONKK se webblad te besoek.

Christian Copyright Licensing International (CCLI) het ’n passie om toe te sien dat kerke toegerus is in aanbidding en om die liggaam van Christus te dien. Sedert 1995 verskaf CCLI kopiereglisensies aan Suid-Afrika en buurlande, rus duisende kerke, skole en organisasies toe en administreer ongeveer 8000 aktiewe lisensies.

Ons het meer as 15 jaar ondervinding in kopiereglisensiëring en het ’n naam opgebou vir integriteit en professionalisme binne die lisensiëringsbedryf. Ons werk nou saam met ander Kopiereg Organisasies om te verseker dat die kerke die korrekte kopiereg inligting en lisensies bekom wat hulle benodig.

Indien u kerk liedbladsye of transparante vir oorhoofse projektors produseer, dienste opneem, CD’s speel gedurende dienste, fotokopieë maak uit liedboeke of bladmusiek kopieer, kan CCLI aan u die nuutste inligting verskaf wat u benodig om binne die wet te handel.

Besoek gerus on webtuiste www.ccli.co.za en lees meer van ons CCLI woorde lisensie, die Musiek Reproduksie Lisensie, Kerk Video Lisensie en SongSelect!