Kerklike Maatskaplike Diensteraad

Ds Charl van Rensburg (Voorsitter)
Dr Johan Botha (Ondervoorsitter)
Mnr De Wet Claassen
Me Christine Quickfall
Dr Willie van der Merwe

Dr Lourens Bosman (ex officio) (Algemene Sinode)

Uitvoerende Beampte: dr Botha van Aarde e-pos [email protected], sel 082 880 6672

 

Organisasie se werksaamhede

  • Die KMDR is ‘n Nasionale Netwerk van kerklike maatskaplike diensorganisasies, wat ook as ‘n selfstandige Nie-Winsgewende Organisasie (NPO 001-694) geregistreer is.  Alhoewel die Netwerk as ‘n gesamentlike aksie van die Familie van NG Kerke bedryf word, en onder die toesig van die Algemene Sinode van die NGK funksioneer, is daar tot op grondvlak ook baie ander deelnemende kerke (denominasies).
  • Die KMDR bied ‘n ruimte waarbinne sy lidorganisasies onderling met mekaar skakel, navorsing doen, inligting deel en opleiding koördineer.  Die KMDR onderhandel op nasionale vlak met die staat oor dienslewering en poog om ‘n instaatstellende omgewingte skep vir lidorganisasies om hul dienste te lewer.
  • Die lidorganisasies lewer kerkgebaseerde professionele vakkundige en statutêre maatskaplike ontwikkelingsdienste aan alle mense in nood, ongeag ras, taal, kultuur, oriëntasie of geloofsoortuiging.  Dienste word oor die volle spektrum van professionele dienste gelewer en sluit onder andere in:

– gesinsorgdienste

– kinderbeskermingsdienste

– dienste aan persone met gestremdhede

– afhanklikheidsdienste

– residensiële kinder- en jeugsorgsentrums

– residensiële bejaardesorgdienste.