Leerstellige en Aktuele sake

ALGEMENE TAAKSPAN LEERSTELLIGE EN AKTUELE SAKE

Kernspan:

Ds Heerden van Niekerk (Voorsitter)

Dr Fanie Cronjé (Ondervoorsitter)

Dr André Bartlett

Dr Pieter van der Walt

Dr Gustav Claassen

Gekoopteerde lede

Dr Bernice Serfontein

Prof Charlene van der Walt

Taakspan se werksaamhede

ATLAS is daarvoor verantwoordelik om gesprek in die kerk te fasiliteer oor aktuele leerstellige en etiese sake. Met hierdie doel voor oë stel die ATLAS Kerntaakspan werkgroepe saam wat per opdrag teologiese navorsing vir die moderamen en sinodes beskikbaar maak. Hierdie navorsing word vanuit ons eie tradisie gedoen, maar ook met ‘n ekumeniese en inter-dissiplinêre benadering. Die werkgroepe ontwikkel dokumente wat deur die samestellende sinodes opgeneem word vir studie, gesprek en terugvoer. Vorderingsverslae word aan die ASM en die Algemene Sinode gelewer met die oog daarop om groter teologiese helderheid en wysheid te bekom oor die komplekse aangeleenthede.