Dr Marinda van Niekerk (Voorsitter)
Ds Leon Westhof (Ondervoorsitter)
Prof Nelus Niemandt
Dr Lourens Bosman
Ds Nioma Venter
Leiers van werksgroepe:
Ds Ryk van Velden (Nuwe Geloofsgemeenskappe)
Ds Tom Smith (InPas)
Ds Bennie Brink (Brugbediening)
Taakspan se werksaamhede
Die taakspan sien ons taak as die ontwikkeling en bevordering van die missionale roeping in die NG Kerk.
Ons dien maw die geheel van die denominasie binne die raamwerk van
- Die kerk as deel van die Missio Dei en
- Die kerk as teken van die Koninkryk
Hoe verander ‘n denominasie (soos verwoord deur Prof Nelus Niemandt)
Daar moet ‘n duidelike visiestelling wees om God se toekoms in die hede te realiseer.
In die Algemene Sinode is die doel baie duidelik, daar is ‘n begeerte dat God se voorkeurtoekoms ‘n huidige werklikheid sal word. Die Kerkorde artikels verteenwoordig ‘n intellektuele instemming met die roeping, dit beteken egter nog nie dat die roeping deel is van die identiteit van die kerk nie. Dit is belangrik om verandering te bou op die passie om God se droom vir ‘n gemeente waar te maak.
- Identiteit en roeping kom bymekaar waar daar ruimte vir verandering geskep word wat los staan van die gewone daaglikse bestuur van gemeentes
- Wanneer ‘n kerkverband besluite neem, moet dit gevestig wees in geloofsonderskeidende prosesse en nie slegs in bestuursmatige strategiese beplanning of volgens kerkordelike prosesse en met ‘n parlementêre styl van besluitneming nie.
- Dit het te doen met ‘n diep begeerte om God se wil te onderskei.
- Die identiteit gevorm deur ‘n kerkverband moet ‘n oop interaksie hê met die Bybelse narratiewe. Dit beteken dat ons hermeneutiek ‘n ontmoeting moet bring met die lewegewende Bybelse stories om hierdie verhale te verbind aan die gemeente se stories.
- Ware missionale verandering kan net gebeur in die gemeenskap van gelowiges en dus in vennootskap met ander gemeentes en denominasies wat op dieselfde reis is. As die kerkverband losgetorring word en die organiese verhouding met mekaar word verswak, het dit ‘n negatiewe effek op die missionale roeping. Die feit dat ons ‘n algemene sinode is waaraan die geheel van die NGK behoort, het ‘n geweldige invloed op die missionale identiteit van die kerk.