Bestuurspan
Prof Kobus Schoeman (Voorsitter)
Prof Cobus van Wyngaard (Ondervoorsitter)
Dr Pieter van der Walt (Skriba)
Dr Lourens Bosman
Dr Gustav Claassen (ex officio) (Algemene sekretaris)
Kundige lede:
Dr Frederick Marais (Algemene Kuratorium)
Ds Heerden van Niekerk (ATLAS)
Taakspan se werksaamhede
Navorsing is ʼn kontinue werksaamheid van die Algemene Sinode. Die ASM formuleer in lyn met die bedieningsprioriteite en met inagneming van scenariobeplanning, navorsingsopdragte vir die Taakspan Navorsing. Die Taakspan Navorsing ondersteun ook taakspanne, soos deur die ASM aangewys, met relevante navorsing oor die bedieningsprioriteite en fokusareas van die sinode. Die Algemene Sinode fokus op (i) die ontwikkeling van bemagtigende leiers, wat (ii) ruimtes en platforms skep vir versoenende luister en gesprek oor verhale van hoop en vernuwing, en wat (iii) geloofsgemeenskappe vorm waar mense van verskillende kulture en tale ingesluit word, (iv) sodat strukture omvorm word tot gesinkroniseerde, ekumenies geïntegreerde netwerke. Die volgende Kerkspieël opnames word onderneem, onder andere met die oog op die implementering van die scenarioplan: Gemeente-opname; Erediensganger-opname (NCLS); Predikantepaneel; Vroue leraar opname;