Skakels

Argief: Die Argief van die NG Kerk bewaar sinodes, ringe en gemeentes se argivalia en dien ook as ‘n inligtingsbron vir navrae of persone wat navorsing doen. Handleidings, Acta van sinodes en hulpmiddels word gereeld opdateer. (www.kerkargief.co.za)

Bybel-Media: Hierdie tuisblad bied toegang tot al die produkte en dienste van die volgende instansies wat deel is van Bybel-Media. (www.bybelmedia.org.za)

Bybelgenootskap van Suid-Afrika: Die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is om bekostigbare Bybels vir almal beskikbaar te stel. (www.bibles.co.za)

Christene.co.za: Ons bied top Suid-Afrikaanse Christelike inhoud. ‘n Omvattende diens waar alle Christene ongeag hul denominasie , welkom sal voel. (www.christians.co.za)

Christian AIDS Bureau for Southern Africa: CABSA is ‘n diensorganisasie wat vir mense wat met MIV leef in die bres tree. Ons ontsluit die potensiaal van gemeentes om versorgende Christen gemeenskappe te wees wat versoening en hoop bedien in die konteks van die MIV pandemie. / CABSA is a ministry that advocates for people living with HIV. We unlock the potential of congregations to be caring Christian communities ministering reconciliation and hope in the context of the HIV pandemic. (www.cabsa.org.za)

CLF: CLF het in 1957 as selfstandige instansie ontstaan. Dit het produkte vir die destydse NGKA gelewer, maar mettertyd ook vir die NG Sendingkerk en ander kerke in die NG Kerkfamilie (binne- en buitelands). Toe die NG Kerk CLF in 1968 per kontraktuele ooreenkoms “oorgeneem” het, was die duidelike veronderstelling dat CLF “in trust” vir die NG Kerkfamilie bedryf sou word met die bedoeling om bedieningsmateriaal vir die kerke in die NG Kerkfamilie daar te stel. CLF was dus deurgaans posisioneer as instansie van en vir die NG Kerkfamilie. (www.clf.co.za)

Communitas: Communitas lewer al vir meer as ‘n dekade fasiliteringsdienste aan gemeentes. (www.communitas.co.za)

Die Bybel in Afrikaans: Die amptelike tuiste van die 1933/53- en die 1983-vertaling op die Internet. (www.bybel.co.za)

Die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit: Dit is verteenwoordigend van ‘n groot aantal tradisies binne die Christendom en fokus veral op geloofsverdieping deur middel van meditasie en kontemplatiewe gebed. (http://sentrumvirspiritualiteit.co.za/)

Fakulteit Teologie: Bloemfontein – Universiteit van die Vrystaat. (www.theology.ufs.ac.za)

Fakulteit Teologie: Pretoria – Universiteit van Pretoria. (www.up.ac.za/faculty-of-theology-and-religion)

Fakulteit Teologie: Stellenbosch – Universiteit van Stellenbosch. (www.academic.sun.ac.za/theology)

FASfacts: FASfacts inisieer holistiese en Christelik-gebaseerde programme om Fetale Alkohol Sindroom in Suid-Afrika te verminder. (www.fasfacts.org.za)

Gemeentedienste Netwerk: Gemeentedienste Netwerk (GDN) is ‘n omvattende een-stop-toegangspunt tot bedieningshulp vir gemeentes, wat teologies verantwoord, navorsingsgebaseerd en prakties is. (www.gemeentes.co.za)

Gospel for Asia: Gospel for Asia is ‘n inheemse sending-organiasie wat al vir langer as 27 jaar sendelinge oplei en kerke in Asië plant met kantore ook in Suid-Afrika. (www.gfa.org)

Hugenote Bybelinstituut: Ons doel is om elke student toe te rus met ‘n verrykte kennis van die Woord van God, ‘n verskerpte gesindheid van toewyding aan die diens van die Here en ‘n praktiese vaardigheid om vir die Here te werk.

Hugenote Kollege: Die Hugenote Kollege in Wellington, Suid-Afrika, is ‘n privaat Christelike Verdere Onderrig en Opleidingsinstansie wat in 2012 ‘n sertifikaatkursus (vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk) in Gemeenskapsontwikkeling aanbied. (www.hugenote.com)

Institute for healing of memories: The Institute for the Healing of Memories seeks to contribute to the healing journey of individuals, communities and nations. (www.healing-memories.org)

Jan Kriel Instituut: Jan Kriel Instituut – Waar u kan help om ‘n kind met epilepsie of spesiale onderwysbehoeftes ‘n kans te gee. (www.jankriel.org.za)

Joshua Project: ‘n Webblad met inligting oor wêreldsending en spesifiek dié wêrelddele waar die minste mense nog met die Evangelie van Jesus Christus bereik is. (www.joshuaproject.net)

Kerk e-Nuus: Hierdie geintegreerde elektroniese nuusdiens stel alle belangstellendes van die NG Kerkfamilie in staat om op die internet keuses te maak om, enersyds direk op enige van die NG Kerk se sinodale nuusbriewe in te teken, maar andersyds ook aan die geïntegreerde nuusdiens inligting te kan stuur (veral beroepe-bekendmakings, maar ook ander inligting en nuus) vir die oorweging van plasing. (www.kerkenuus.co.za)

Kerkbode: Vandag se kerkkoerant vir vandag se kerkmense. Die amptelike nuusblad van die NG Kerk. (www.kerkbode.co.za)

Kom huistoe veldtog: Hierdie veldtog is geloods om mense wat Suid-Afrika verlaat het, maar weer wil of moet terugkeer, by te staan. (www.wereldwyd.co.za/oor-ons/kom-huistoe/)

LIG: Naaswenner in CBSA-wedstryd vir Christelike tydskrifte. (www.lig.co.za)

Nehemiah-Bybelinstituut(NBI): A non-profit company (NPC) that trains church leaders through a distance learning program. The course is specifically designed for church leaders who are already in ministry, but have never had the opportunity for theological training. (www.nehemiah.co.za)

Radiokansel: ‘n Dinamiese en kragtige Christelike radiostasie wat waarde aan die breër Christelike gemeenskap in Suid-Afrika toevoeg. (www.radiokansel.co.za)

RAMOT: Dié behandelingsentrum vir verslawing se fokus is die professionele en holistiese behandeling van verskillende vorme van verslawing, naamlik alkohol, pil en ander dwelmverslawing, ten einde pasiente in staat te stel om fisies, psigies en geestelik te herstel om optimaal volgens hul potensiaal te funksioneer. (www.ramot.co.za)

Seisoen van Luister: In die Seisoen van Luister fokus ons opnuut op die luister na die sprekende God. Ons slagspreuk is: God praat, leef luisteryk! (www.seisoenvanluister.co.za)

Sentrum vir Kontekstuele Bediening: Ons missie is om Christen leiers wat voltyds of deeltyds in die bediening is, toe te rus en op te lei.

Sol Iustitiae: Die US Fakulteit Teologie se nuwe webblad SOL IUSTITIAE (verwysend na die Son van Geregtigheid, die leuse van die Teologiese Fakulteit). Praat saam oor teologie in ons plaaslike en globale konteks!

Suider-Afrikaanse Kerorrelistevereniging (SAKOV): Die Suider-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging beywer hom vir die bevordering van Protestantse kerkmusiek in die Afrikaanse kerke en funksioneer as ‘n professionele liggaam in belang van die kerkorrelis. (www.sakov.co.za)

TEO: Dié webdiens van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Pretoria wil deur middel van kort wetenskaplike artikels die groot en wye wêreld van die teologie nader aan die predikante te bring. (www.teo.co.za)

Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys: Ons ondersteun – Martie du Plessis High School for the Cerebral Palsied – Prinshofskool vir Gesiggestremdes – Sonitus School for the Hearing Impaired – Transoranje-skool vir Dowes – Transvalia School for Epilepsy and Learning Disabled. (www.toibo.org.za)

Verbum et Ecclesia: Verbum et Ecclesia is ‘n multi-dissiplinêre en inter-dissiplinêre teologiese tydskrif wat ten doel om die wisselwerking tussen en dissiplines verken die verskillende teologiese en godsdienstige oor die Afrikaanse kontinent en internasionale arena. (www.verbumetecclesia.org.za)

Wêreldbiddag vir Vroue: Wêreldbiddag vir Vroue (WBvV) is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christen vroue, -mans en -kinders uit verskillende tradisies wat elke eerste Vrydag in Maart saam bid. Die Wêreldbiddag bring mense uit verskillende rasse, kulture en kerke byeen, om saam voor God te verenig in gemeenskap met Hom en groter begrip vir mekaar. (www.wwdp.co.za)

Woordwyser: ‘n dag-vir-dag Bybelleesprogram. (www.sinoos.co.za/woordwyser)